Melodie

’n Maat uit J. S. Bach se Fuga No. 17 in A-mol, BWV 862, uit Das wohltemperierte Klavier (Deel I), ’n voorbeeld van kontrapunt. Die twee stemme (melodieë) op elke balk kan onderskei word deur die rigting van die dwarsbalkies.
, ,
,

’n Melodie (uit Grieks μελῳδία, melōidía, "sang"),[1] ook wysie, stem of lyn, is ’n liniêre opeenvolging van musieknote wat die luisteraar as ’n eenheid waarneem. In die letterlikste sin is ’n melodie ’n kombinasie van toonhoogte en ritme, terwyl die term in meer figuurlike sin die ander elemente van musiek, soos toonkleur kan insluit. Dit kan as die voorgrond beskou word van die begeleiding in die agtergrond. ’n Lyn of party hoef nie ’n voorgrondmelodie te wees nie.

Melodieë bestaan dikwels uit een of meer musikale frases of motiewe, en word gewoonlik in verskillende vorme deur ’n hele komposisie herhaal. Melodieë kan ook beskryf word deur hulle melodiese beweging of die toonhoogtes of die intervalle tussen note (hoofsaaklik konjunk of disjunk of met verdere beperkings), omvang van toonhoogte, spanning en oplossing, kontinuïteit en koherensie, kadens en vorm.

  1. Henry George Liddell, Robert Scott. "μελῳδ-ία". Melodia. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)

Developed by StudentB